in die newels sien ek hom
‘n vreemdeling of ‘n skim
as die newels lig is hy nie daar
wie is dit dandie een hier voor my
growwe hande van harde werk
hande wat vir geen werk stuit
hande wat die onmoontlike sigbaar en klaar laat word
die mense juig hom toemaar …………….
as die man in die mis die deure in sy kop oopbreek,
word hy ‘n verleentheid vir die mense wat juig
Dan is hy te ERG en maak hulle bang.
Dan staan hulle terug
Hou hulle hande skoon
lewer kritiek oordie mal man in die mis.
die mal man in die mis die skim
wat dan daar is en dan verdwyn
wat deure oopbreek in sy kop
vra…
skreeu dit deur die miswie is ek dan ?
die skim ?
die man ?
die wonderdoener wat respek afdwing
wat bewonder word…oor wat hy doen
maar…ook n verleentheid vir ander is
‘n verleentheid oor wie hy is en wat hy doen
die vrae – onbeantwoord verwond
die skim draai om
die man wil wegdie mis in vlug
waarheen nerens / erens
weg van mense vir wie hy
die verleentheids verwarring isnewels van werklikheid en droom
begin in sy gemoed parte speel
een oomblik in die werklikheid
die ander oomblik uitDAN…
gryp die rowwe hande smekend uit die mis
na ‘n plek in die stilte
waar hy God kan vind
kan vra
kan hoor
al my
inspirasie
werk
sukses
die eindproduk daarvan
wat ek op U skouers laai
hoeveel daarvan was selfgemaakte vrugteslaaiwat
deur die tyd getoets
toe geen Goddelike inspirasie was
maar net
my eie waan…skel…
skel soos ‘n angskreet
klink die vrae uit die mis
waar is God hierin
waar die selfgemaakte vrugteslaaidis weer die man in die mis
wat weer met homself besig ishy vra aan die man in die mis
en aan die mense wat op hom pishoe sal ek weet
waaroor ek
God gehoorsaam
moet droomOF
waaroor ek
God gehoorsaam
satan moet beveg
wat maniese drome
as God se woorde wil verkoophoeveel skynbaar God gewilde pyn
was toe al die tyd
maar net eie selfgemaakte pyn
van n deurmekaar siek menshoeveel is siekte
hoeveel God
hoeveel die swakte
van ‘n geesversteurde gemoedhoe stap hierdie newel mens
uit die mistigheid wat hom nie kan omgrens
na n helderheid waar hy begrens en afgebaken is© Hans Dreyer
‘n donker 17e oktober in die jaar 2007 van ons Heer
Oktober 6, 2007 by Hans Dreyer
eks gek hieroor liewe Hans. baie mooi gedoen. so pragtig. dis ook half nes ek vandag voel.
baie liefde
bokkie
xxxxx