vyand buite my kop
of…
verraaier in my kop
soos
slaggat in die pad
of..
slaggat in die gees
waar sou die grootste seerkry weesdie binneste die meeste pyn
gedurige verraad
van eie kop teen eie gees (vlees)
beskuldigend
kwetsend
afbrekend
vernederendverflenterde seerkry mens
vrees dat ander
sy waardeloosheid sienstert tussen die bene
‘n wegkruip hond
wat skaamteloos bedel
vir aandag
kopstreel of
vryf
die tjankgeluide vir aandag
klink smekend so
het ek iets verkeerd gedoen
is jy kwaad vir my
het jy my lief© Hans Dreyer
Vyand
Oktober 27, 2007 by Hans Dreyer