Dit gaan lankal nie meer klopdiselboooom
met die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reundie reun het sy hotvoorpooot se skoen het verloor
die skerp klippe het hulle duiwelswerk gedoen
met die haaragterpoot loop hy mankdie merrie se een yster is los
dit kap iriterend uit pas
want dit gaan lankal nie meer klopdiselboooom
met die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reundie tuie
eens blink en buigbaar geolie
het hard gewerk deur jare se son en reen
dit het grof gekraak en onbuigbaar geword
dit het die paartjie stukkende geskaaf
die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reunhulle oe soek na mekaar
genadiglik is dit moontlik al klink dit onwaar
want die oogklappe het lankal afgeskeur
stukkend gewerk tussen takke en bosdie fluit uit die reun se keel
laat rol die merrie se oë verskrik——-
die salpeter wit gevlek om sy bek
waai weg en word een met die merrie se traandie merrie beur vooroor en trek nog harder
om die fluit uit die reun se keel te haal
die skaafwond om haar bors begin bloed te lekdie reun skrik verward by die ruik van die bloed
neus oopgesper beur hy na haarmet die raak kyk in haar oog
spits die twee se ore na mekaar
gelukkig is ons nog bymekaar
al klap die skoen en al skaaf die tuigbo-oor die ongelyk klap van die disselboom
klap dit klopdisselboom
as die twee salpeter gewerkte skours
saam trek onder die tuig
die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reun© Hans Dreyer
Karperdjies
November 3, 2007 by Hans Dreyer