Ander se woorde
klagtes en
vrae
Kletter soos haelstene op die sinkmuur
van my kaja
Die storm bars deur die sinkplateonherstelbaar gebuig
Binne maal die stormwater
die fondamente uiteenling binne
begin die modder my ondertoe trek
ek is onherstelbaar gebuig
die vernietigende krag van ander se
woede en
pynlaat my wegsink in die modder
gestroop van die brose kamma veiligheid
van my kaja© Hans Dreyer
Haelstorm
November 9, 2007 by Hans Dreyer