die hings het ‘n grensdraad oorgespring
die vlaktes anderkant gaan verken
die wêreld is tog nie
deur enige grenslyn beperkfier en trots kon niemand hom keer
die krag in hom was van die heer
die hings het die vreemde verken
‘n anders bewoorde genade geleer—daar—
nuwe weiplek vir sy trop gevind
saam het hulle die grensdraad oorgespringdie boere kon dit nie hanteer
‘n dier
‘n hings
wat hom aan hulle reels nie steurten alle koste moet ons hom tem
die boere moes die perde leer
dat grensdrade heilig onbreekbaar isdie hings moes gebreek word as hy nie wou tem
die ander perde sal dan
binne die grensdrade gevang
saam met die boere kan stemeenkant het hulle hom gevang
die fiere hings wat grensdrade spring
gebind met toue en reels het die boere hom teen die grond vasgesuigoorweldig deur mense
magteloos op die grondtoe die burdizo knip
is die fierheid gebreekdie reun dwaal nou alleen
op die groen weivelde rond
grednsdrade oorgespring
maar sonder sy trop© Hans Dreyer
Die hings word ‘n reun
November 16, 2007 by Hans Dreyer