Jou merrie gaan dit nie maak nie
haar vrag is te swaarDie reunperd het dit lankal geweet
Saam met sy hawerpitte saans gevreetDie dag se salpeter weggewerk
Met strelende hale van roskam en borsel
Staan hulle op stal
Runnikend roep hy na
haar
Troos hy
haar
In die nag se donkerSkrikwekkende Nagmerries wat aanhoudend vir hom sê
Jou merrie gaan dit nie maak nie
haar vrag is te swaarangstig kap hy die stal se vloer
runnikend roep hy die boer
as die boer tog maar net wil luister
die boodskap wat hy runnikend fluister
my merrie gaan dit nie maak nie
haar vrag is te swaarDit gaan lankal nie meer klopdiselboom
met die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reun
vroegoggend in die tuigboudgooi teen die disselboom
soos ‘n perd ongetem
wou hy waarsku
sy magteloosheid
sy vrees uitskreeudie boer het dit misgekyk
dis moedswilligheid van ‘n ontembare reuneendag bultuit die merrie en haar reun
merrie se tree word onseker en kortsy struikel en val
die kar se vrag
te swaar vir die reun se krag
sleep altwee saam
bultaf na die draai
dis afgrond
dis seerkry
dis dood
bergaf by die draaiby die draai gaap die afgrond
dis seerkry
dis dood
vir die twee karperdjies
‘n merrie en ‘n reun‘n klip langs die pad
© Hans Dreyer
Die reunperd het dit lankal geweet
November 23, 2007 by Hans Dreyer