dit was die mooiste bottel
die lekkerste handeroom ooit!
maar…..
die handeroombottel is klaar
bietjie skeefhou
bietjie skud
daar is nog ‘n klein bietjie daardie laaste word uitgedwingin die asblik lê ‘n bottel skeef onbruikbaar leeg
ek is nou daar
by die
bietjie skeefhou
bietjie skud
daar is nie eers meer ‘n klein bietjie daar…?
© Hans Dreyer
lee bottel
November 23, 2007 by Hans Dreyer
En na die skeefhou, die skud… wat toe?
Sal ek ook soos die bottel op die ashoop beland?
Was my waarde net die inhoud of
was daar ook waarde in MY die draer daarvan.
Hans